Aardverwarming

Aardverwarming, ook genoem globale verwarming, klimaatverwarming, klimaatontwrigting of klimaatkrisis, verwys na die toename in globale temperatuur sedert die pre-industriële tydperk. Die gemiddelde lugtemperatuur van die Aarde se atmosfeer op grondvlak was van 2011 tot 2020 sowat 1,09 °C (0,95–1,20 °C) hoër as in die tydperk van 1850 tot 1900. Hierdie verwarming gaan gepaard met globale klimaatsveranderinge, soos veranderinge in reënvalpatrone en verwoestyning. Dit is onbetwis onder klimaatwetenskaplikes dat die gemiddelde temperatuur op Aarde sedert die middel van die 20ste eeu toegeneem het. Daar is ook konsensus oor die oorsaak: hierdie tendens word hoofsaaklik veroorsaak deur 'n toename in die konsentrasie van kweekhuisgasse in die atmosfeer. Op sy beurt is dit die gevolg van menslike aktiwiteite soos fossielbrandstofgebruik, ontbossing en sekere nywerheids- en landbouaktiwiteite. Sedert die begin van die 21ste eeu het die meerderheid van die publiek en politici ook die standpunt ingeneem dat 'n klimaatprobleem bestaan en dat dit grootliks die gevolg is van menslike optrede. 'n Versameling van ondersoeke aangaande aardverwarming word in die verslag van die Interregeringspaneel oor klimaatverandering (IPCC) saamgevat. Die paneel is deur die Verenigde Nasies ingestel om die huidige wetenskaplike, tegniese en sosiaal-ekonomiese kennis aangaande aardverwarming te dokumenteer en 'n oorsig daaroor voor te lê. Verskillende klimaatmodelle voorspel op 'die kort termyn 'n temperatuurstyging van minder as 'n graad. Aan die einde van die 21e eeu kan dit tot verskeie grade verhoog word. Alle groot klimaatveranderinge het 'n ontwrigtende werking en het gelei tot die uitsterwe van vele lewensvorme, die migrasie van bevolkings en groot veranderinge in die landoppervlak en die seesirkulasie. Die snelheid van die huidige klimaatverandering is hoër as die meeste vorige veranderinge, waardeur aanpassing vir die natuur en aanpassing vir die menslike gemeenskap moeiliker is. Boonop maak die toenemende kompleksiteit van die menslike samelewing wat 'n groter risiko is. Die huidige klimaatsverandering hou ook 'n groter kans vir toekomstige skade in. Indien temperatuurstyging van meer as 2 °C sou plaasvind hou dit groot veranderinge vir die mens en omgewing in, onder ander deur seevlakstyging, toename van van droogte- en hitteperiodes, ekstreme neerslag en afname van biodiversiteit. 'n Temperatuurstyging van 2 °C het baie verswarende gevolge as 'n temperatuur styging van 1,5 °C. Daar is verskillende maatreëls moontlik om die skade van klimaatverandering te minimaliseer. Aan die een kant is dit moontlik om oorsake aan te pak (mitigasie): minder kweekhuisgasse te genereer deur die energieverbruik te verminder en natuurgebiede beter te beskerm. Aan die ander kant sal gemeenskappe moet aanpas (aanpassing) deur beter aangepaste gewasse te verbou. Volgens die ooreenkoms van Parys van Desember 2015 moet die verwarming van die Aarde beperk word tot ruim onder 2 °C, maar by voorkeur tot hoogstens 1,5 °C. Voorts word in die verdrag gestel dat geld deur die ontwikkelde lande beskikbaar gestel moet word om die armer lande te help met nodige aanpassings om aarverwarming te bestry.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search